Choose Language

5 Tips: Hoekom is dit belangrik dat kinders aangemoedig moet word om reëls te volg?

Januarie 18, 2022

Kinders moet aangemoedig word om klaskamerreëls na te kom en te volg. Dit is belangrik vir kinders om te kan onderskei tussen reg en verkeerd. Wanneer kinders leer hoe om reëls en instruksies te volg – dit sal ‘n veilige omgewing vir jou kind skep waar hulle geborge en belangrik voel. Elke ouer en onderwyser wil die beste vir hulle kinders hê in alle opsigte – gesondheid, opvoeding, onderrig, geleenthede en positiewe ervarings in die lewe.

5 Tips: Hoekom dit belangrik is vir jou kind om reëls te volg?

1. Kinders doen wat hulle sien.

Dit is ouers en onderwysers se verantwoordelikheid om kinders te leer om nie reëls te oor tree nie. Tydens klasaktiwiteite leer kinders voordurend deur vir ons te kyk en hoor. Wanneer jou kind sien en hoor hoe ons reëls nakom, sal hulle sekerlik ons voorbeeld volg.

2. Om reëls te oortree veroorsaak konflik.

Daar gaan tye wees wanneer kinders en selfs ons probeer om die lewe tot ons eie voordeel te manipuleer – Wie het meer konflik in hulle lewe nodig? As jou kind leer hoe om reëls na te kom en instruksies te volg, sal dit konflik vermy. Die meeste kinders hou nie van konflik en weet nie hoe om konfrontasie te hanteer nie. Dit maak hulle senuweeagtig en skep ‘n ongemaklike atmosfeer.

3. Ons vorm klein volwassenes – nie net vandag se kinders nie.

As daar belangrike mense soos onderwysers en ouers reëls oortree in hulle lewe – kan jou kind maklik ‘dit gaan alles om my’ – houding ontwikkel. Kinders word dan as selfsugtig beskou en dit is nie mooi nie. Probeer om dit te vermy en jou kind te wys om die regte dinge te doen.

4. Die lewe loop gladder as reëls gevolg word.

Leer kinders dat die lewe soveel lekkerder is as daar reëls gevolg moet word, want kinders ontwikkel makliker in ‘n veilige en liefdevolle omgewing. Verduidelik vir hulle dat reëls daar is om ons veilig te hou en voor te berei vir die grootmens lewe.

5. Dit is eties, moreel reg om reëls te volg.

As jy jou kind wil grootmaak wat eties en moreel gefokus is, moet ons self daardie gedrag modelleer. Kinders moet morele waardes so vroeg as moontlik in skool leer, want jou kind leer verskillende idees en oortuigings van mense. Kinders kan dan onderskei watter gedrag verkeerd en reg is.

Klaskamerreëls plakkate:

Blou reënboog – klaskamerreëls plakkaat:

Helder skryfbehoeftes – klaskamerreëls plakkaat:

Swart kleurvol – klaskamerreëls plakkaat:

Pers – klaskamerreëls plakkaat:

Somer – klaskamerreëls plakkaat:

Maak 'n opvolg-bydrae

Sluit nou aan en kry die nuutste plasings.

Maandeliks

R 95 1 x Maand
  • Toegang tot nuutste plasings
  • Toegang tot argiewe
  • Ontvang nuusbrief

Jaarliks

R 950 1 x Jaar
  • Toegang tot nuutste plasings
  • Toegang tot argiewe
  • Ontvang nuusbrief