Choose Language

Boeliegedrag is ‘n probleem – alles wat jy moet weet!

Junie 11, 2020

Boeliegedrag is ‘n probleem – alles wat jy moet weet!

Boeliegedrag is ‘n realitiet in skole. Daar word niks gedoen aan die situasie nie en ouers vrees vir hulle kinders se part. Jy wil nie jou kind skool toe stuur as daar afknouery of boelies in skole betrokke is nie. Dit is deel van ons samelewing en ons moet probeer om ‘n verskil te maak!

Ons moet ons kinders bewus maak van boelies en hoe om sekere situasies te hanteer as hulle vasgevang word daarin. Kinders moet nie bang wees om hulle self te wees met maats of in hulle skool nie. Skole moet ‘n veilige omgewing wees waar kinders kan leer, speel, groei en ontwikkel.

Wat is boeliegedrag?

Herhaalde en aggressiewe gedrag wat op ‘n kind of enige individue gemik is. Dit kom in verskillende vorme voor soos fisiek of verbaal.

Baie wêreldleiers wat met woede en wreedheid gedissiplineer is, sit die patroon voort deur hul eie mense afskuwelik te behandel of ander nasies te boelie.
-Margot Sutherland

Fisieke boeliegedrag

Dit is wanneer jou kind geslaan of geskop word. Die slagoffer sal gewoontlik bedreig en bang voel. Boelies is geneig om kinders se goed weg te steek of van hulle items te steel. Hulle verneder die persoon en breek hulle selfbeeld af!

Verbale boeliegedrag

Dit is wanneer woorde seermaak of die kind emosioneel raak. Hulle beledig, terg, ignoreer en versprei leuens. Boelies dink gewoontlik nie voordat hulle iets sê nie en kry plesier uit die feit dat hulle ‘n ander kind emosioneel afknou. Gewoontlik behoort boelies aan ‘n portuurgroep wat as hoë ag beskou word en hulle wil “cool” lyk. Kinders wat kies om te boelie soek aandag van ander kinders af of selfs van hulle onderwysers en ouers. Hulle kry dalk nie genoeg aandag en liefde by die huis nie.


Moet nie terg en boelie as dieselfde beskou nie. Daar is ‘n groot verskil tussen terg en boeliegedrag.

Terg
  • Dit is wanneer iemand spot dryf met iemand op ‘n goeie manier.
  • Kinders gee nogsteeds om vir mekaar.
  • Elkeen kry ‘n beurt om grappies te maak en niks word erenstig opgeneem nie.
  • As ‘n kind seer kry, voel hulle maat gewoontlik baie sleg en sal dadelik onverskoning gaan vra.
  • Hulle is goeie of selfs beste maats en speel saam.
Boelie
  • Wees oplettend, want terg kan ook handuit ruk en oorgaan na boelie toe.
  • Dit is baie eensydig. Gewoontlik altyd dieselfde persoon wat seermaak.
  • Hulle wil mag wys deur ‘n ander kind seer te maak of afteknou.
  • Boelies hou nie op nie, al toon die ander kind angs. Hulle hou van die mag wat hulle uitoefen op iemand anders en al die aandag wat hulle kry.
Kyk uit vir die volgende tekens, as ‘n kind geboelie word.
  • Gespanne en bekommerd
  • Nagmerries kan voorkom.
  • Maagpyn en kopseer
  • Wil nie skool toe gaan nie.
  • Onverklaarbare beserings
  • Maak bed nat of vuil.
  • Skielike woedeuitbarstings
  • Ontrekking en angstigheid
  • Akademiese prestasies neem af.
  • Hulle wil nie meer hulle beste gee nie!
  • Moegheid


Gewoontlik wonder ons hoe moet ‘n mens boeliegedrag hanteer en oplos as jou kind in so situasie is? Boeliegedrag is altyd moeilik vir ouers, want jy wil hulle veilig hou en beskerm. Al wat ‘n mens kan doen is om vir kinders onafhanklikheid te leer, sodat hulle gereed is vir enige probleem wat kan opduik in die toekoms!

Hoe moet jou kind boeliegedrag hanteer?
Riglyne wat jy vir jou kind kan leer:
  • Moet nooit jouself blameer nie.
  • Wees trots op wie jy is en jou prestasie.
  • Soek altyd hulp by ‘n persoon wat jy kan vertrou.
  • Stap altyd weg van die boelie af!
  • Rapporteer altyd boeliegedrag, anders kan dit vererger.
  • Bly altyd kalm wanneer jy deur ‘n boelie verbaal of fisiek aangeval word.
  • Moet nooit jouself verander om iemand anders te beïndruk nie of om in ‘n spesifieke portuurgroep te aanvaar word nie.
  • Jy is uniek en spesiaal!

Wat moet jy weet as jou kind geboelie word?
  • Dit moet ophou.
  • Jou kind het hulp nodig.
  • Jou kind het goeie maats nodig.
  • Kinders moet fisies ontwikkel, sodat hulle nie bang is nie.
  • Hy moet nie voel asof hy geïsoleerd is nie.
  • ‘n Kind moet selfvertroue en selfgelding ontwikkel.
  • Kinders moet leer om op hulle regte staan.

Hoe weet ons, ons maak nie ‘n boelie groot nie?
Dit is as jy…
  • Gereeld kritiseer.
  • Minag jou kind se pogings.
  • Jou kind se vaardighede en belangstellings spot.
  • Hulle gevoelens en emosies ignoreer.
  • Geirriteerd raak oor die kleinste foutjie wat jou kind maak.
  • Altyd aanneem jou kind jok.
  • Jou kind heeltyd etiketteer: “Jy is so lui, dom, aaklig en ‘n teleurstelling.”
  • Hom spyt laat voel dat hy nie die waarheid vertel het nie.
  • Hard en aggressief praat!
Wat moet jy doen as jou kind die boelie is?
  • Jy moet hom laat verstaan dat sy gedrag onaanvaarbaar is.
  • Jou kind het iemand se hulp nodig.
  • Hy moet erken dat hy kinders boelie of afknou vir sy eie plesier.
  • Kinders moet onverskoning vra as hulle iemand seergemaak het.
  • Kinders het ‘n positiewe rolmodel nodig.
  • Hulle moet verantwoordelikhede kry en geprys word as hulle goed gedoen het.
  • Belangrik: Spandeer goeie tyd saam jou kind as ouer, versorger of rolmodel.
  • Stel belang aan hulle belangstellings en doelwitte.
  • Laat hom verstaan dat boelie dalk ‘n gewoonte is en dat dit kan ophou. Dit kan afgeleer word!

Teenboeliegids
Boeliegedrag is ‘n groot krisis in baie skole en kinders lei daaronder. Ons moet alles in ons vermoë doen om dit te verminder. Ons moet kinders se selfvertroue en selfbeeld opbou, sodat hulle vir hulleself kan opstaan. Hulle moet voorbereid wees oor wat om te doen in ‘n gevaarlike en ongemaklike situasie, sodat hulle nie seerkry en emosioneel beïnvloed word nie.
Kinders moet hulle jong lewe geniet en maats kan maak. Kinders moet mekaar lief hê en ondersteun.

11 Tips vir ‘n suksesvolle onderwyser.

Dit is goed as kinders stampe en stote kry, maar hulle sal dit net oorleef as hulle daaruit leer.
-Tessa Livingston

Kom ons maak ‘n verskil in ons kinders se lewens en in skole!


My wenke en raad word geondersteun deur: Speel Leer Slim – Dr Melodie de Jager & Liz Victor.

Maak 'n opvolg-bydrae

Sluit nou aan en kry die nuutste plasings.

Maandeliks

R 95 1 x Maand
  • Toegang tot nuutste plasings
  • Toegang tot argiewe
  • Ontvang nuusbrief

Jaarliks

R 950 1 x Jaar
  • Toegang tot nuutste plasings
  • Toegang tot argiewe
  • Ontvang nuusbrief