Choose Language

Oulike knipaktiwiteite om skêrhantering te bevorder.

Julie 21, 2020

Oulike knipaktiwiteite om skêrhantering te bevorder.

Skêrhantering moet bevorder en ingeoefen word met kinders. Dit is ‘n baie belangrike vaardigheid wat ‘n kind moet bemeester. ‘n Knipaktiwiteit boks is baie oulik om skêrhantering te bevorder en vat nie baie tyd om dit te maak nie. Ons moet knipaktiwiteite kreatief en lekker maak, daarom moet ons dit met kuns integreer.

Hoekom is skêrhantering so belangrik?

  • Ontwikkel fynmotoriese vaardighede. Is die bewegings van die kleiner spiere van ons liggaam en sluit die gekoördineerde bewegings van die hande, gewrigte, vingers, voete, tone, lippe, tong en oë in.
  • Ontwikkel oog-hand koördinasie. Die gekoördineerde beheer tussen die oog en hand wat lei tot raakvat.
  • Verhoog bilaterale koördinasie. Help jou kind om sekere basiese aksies maklik uit te voer soos huppel, gallop, hardloop en touspring.
  • Verbeter ‘n kind se fokus en aandag.

Kom ons maak ‘n knipaktiwiteit boks vir ons kinders.

Wat het jou knipaktiwiteit boks nodig?

  • Verskillende knippatrone.

Elke knippatroon moet verskil om die kind se knip vaardighede te oefen. Daar kan maklike knippatrone wees en dan bietjie moeiliker. Elke knippatroon kan in ‘n ander kleur wees om die verskillende patrone te identifiseer.
Knippatrone


Onthou: Om altyd eers by die groot vorms en prente te begin om skêrhantering te bevorder. Hulle grootmotoriese vaardighede is alreeds meer ontwikkeld as hulle fynmotoriese vaardighede. Sodra hulle die groter vorms en prente goed onder beheer het, dan beweeg hulle na die kleiner vorms en prente om hulle fynmotoriese vaardighede te oefen en verder te ontwikkel.

  • Vorms met reguit lyne van verskillende groottes.

Vorms met reguit lyne is vir kinders baie makliker om uit te knip, want hulle kan hulle skêr maklik beheer en hanteer.
Knipaktiwiteit vorms met reguit lyne



 

  • Sirkels van verskillende groottes.

Gee baie leiding en ondersteuning met hulle handjie wat nou moet draai en uitknip. Dit is vir hulle baie moeiliker om geboë lyne uit te knip. Moedig hulle aan om nie op te gee nie en aanhou te oefen.
Knipaktiwiteit sirkels

  • Sterre van verskillende groottes.

‘n Ster is ‘n goeie vorm om skêrhantering te bevorder. Daar is baie reguit lyne en draaie om hulle handjie te oefen. 
Knipaktiwiteit sterre

  • Oulike knipaktiwiteit oefeninge.

Kinders geniet verskillende oefeninge om hulle skêrhantering te bevorder. Die volgende oefening sal hulle baie geniet. Dit verskil bietjie van die ander oefeninge. Die kinders moet hard konsentreer om op die stippellyn te knip en te bly tot by die prentjie. Die stippellyne verskil ook van elke oefening wat dit interessant maak.
Son knipaktiwiteit oefeninge
Hasie knipaktiwiteit oefeninge
Bytjie knipaktiwiteit oefeninge
Sprinkaan knipaktiwiteit oefeninge




Knipaktiwiteite met kuns.

Kuns is altyd lekker vir kinders. Hulle kan kreatief wees! Om knipaktwiteite te integreer met kunslesse is ‘n baie lekker manier om hulle skêrhantering op te skerp.
Hier is ‘n paar idees en voorbeelde van kunslesse waar knipvaardighede geoefen word.

  • Son kunsles.

Hulle kan die son se strale gebruik om skêrhantering te bevorder deur op ‘n reguit lyn te knip. Hierdie is ‘n baie oulike aktiwiteit wat die sortering van getalle ook aanleer en oefen met die kinders, so wiskunde word ook geintegreer in die les.

‘n Ander manier om ‘n son te maak is deur ‘n papierbord te gebruik. Hulle kan op die lyne van die papierbord sny om die strale van die sonnetjie te maak. Kyk na die leeu kunsles vir ‘n goeie voorbeeld.

  • Blom kunsles.

Gebruik kolwyntjiehouers om jou blomme te maak. Die kinders moet mooi konsentreer en op die kolwyntjiehouer se lyne sny. Jou kind kan ook besluit watter vorm moet elke blaartjie wees. Hulle kan verskillende kreatiewe blomme maak deur verskillende patrone kolwyntjiehouers te gebruik.

  • Leeu kunsles.

Gebruik ‘n papierbord om die leeu se maanhare te sny. Knip mooi op die papierbord se lyne. Verf jou leeu en maak ‘n oulike gesiggie.

  • Maak ‘n emosie mannetjie.

Hulle gebruik ‘n toiletrol om die mannetjies te maak. Hulle knip die boonste gedeelte van die toiletrol in klein repies vir hare. Hulle teken oulike gesiggies wat verskillende emosies uitdruk. Die aktiwiteit word geintegreerd met die tema-emosies.

  • Krimpvarkie kunsles.

Gebruik ‘n papierbord en vou hom in die helfde. Hulle knip op die papierbord se lyne om die krimpvarkie se penne te maak. Hulle moet mooi fokus om op die lyntjies te sny. Hulle kan dit verf en ‘n oulike gesiggie teken.

  • Kalkoen kunsles.

Hierdie is ‘n baie oulike kunsles waar knipvaardighede bevorder word. Hulle kan hulle handjie aftrek op verskillende kleur karton en dit uitknip. Die kalkoen se lyfie word dan uitgeknip en geplak. Jou kind maak dan ‘n oulike gesiggie.

Probeer altyd soveel as moontlike knipoefeninge inwerk by ander aktwiteite en lesse. Skêrhantering moet geoefen word in die grondslagfase.
‘n Kind se handjie is een van die belangrikste gereedskap wat gebruik word daagliks om te werk en te speel. Hulle gebruik hulle hande om ook elke dag daaglikse take uit te voer. As jou kind se fynmotoriese vaardighede nie goed ontwikkel is nie, beïnvloed dit die kind se inname van sensoriese inligting van die omgewing, ook om hulle wêreld te ervaar en te ontdek. 
http://rakkertjiereeks.co.za/2019/04/skerhantering-knip-en-plak-figuur/
 
 

4-antwoorde

Maak 'n opvolg-bydrae

Sluit nou aan en kry die nuutste plasings.

Maandeliks

R 95 1 x Maand
  • Toegang tot nuutste plasings
  • Toegang tot argiewe
  • Ontvang nuusbrief

Jaarliks

R 950 1 x Jaar
  • Toegang tot nuutste plasings
  • Toegang tot argiewe
  • Ontvang nuusbrief