Choose Language

Roetine is belangrik vir jou kind.

Julie 11, 2020

Hoekom is roetine belangrik vir jou kind? ‘n Roetine is die alledaagse, vervelige en herhalende goed in ‘n mens se lewe. Dit gee stabiliteit, orde en ‘n gesonde verstand vir jou as ouer en vir jou kind. Dit is alles wat alledaags moet plaasvind sonder uitstelling soos om te slaap, te eet, te was, toilet toe te gaan, te speel en baie belangrik – om op te ruim!

Wanneer jou kind kan loop en nog klein is ontwikkel mens ‘n baie eenvoudige roetine. As die son skyn, speel hulle buite – hulle verken, ontdek, bak modderkoekies, bou tente, klim en klouter. As dit donker is, reënerige of koud is – bly hulle binne.

Ontwikkel ‘n oulike roetine.

Wat is ‘n roetine? ‘n Roetine is ‘n plan om goed te hanteer wat daagliks gebeur. Dit is eenvoudige rituele wat tot rus lei en hiperaktiwiteit voorkom.
Dit is ‘n ongeskrewe handboek oor “hoe ons goed doen”. ‘n Brein hou van nuwe dinge leer en te ontdek. Die brein word gestimuleer deur veranderinge en opwindende dinge. Baie paadjies word regdeur die brein en liggaam gebou sodat dit met ons sintuie, brein en spiere verbind. Roetine is belangrik om kinders gewoond te maak aan wat belangrik is in die lewe en wat nie uitgestel kan word nie. Daar gebeur wel goed in ‘n roetine waarvoor ‘n mens nie beplan nie wat jou dag opwindend en lekker maak soos as jou brein ‘n brandweerwa se sirene hoor, varsgebakte koekies se reuk wat deur mamma gebak is wat versier moet word of om ‘n werpsel hondjies te sien.

Nuwe ervarings

Al hierdie onverwagte en nuwe ervarings moedig die brein aan om te groei en stimuleer opwindingknoppies van pret! Roetine is wel wat gebeur na die opwinding om almal te help kalmeer. ‘n Kind het opwinding en pret nodig om te groei en te ontwikkel, maar kort ook roetine om rustig te raak en te ontspan! Dit is ook waaraan hulle gewoond raak in hulle alledaagse lewe. Hulle het rituele nodig om hulle weer te laat veilig voel.
‘n Oulike voorbeeld is wanneer daar net “partytjie” genoem word en die gevoel om net ‘n geskenk toe te draai, skep al opwinding in ‘n kind se lewe. Die idee om te bad en aan te trek, veral as hulle self kan kies wat hulle aantrek. Die kombinasie van verskillende kleur balonne wat bars, kinders wat skreeu en hardloop, suiker en springkastele – onbeheers, wild en aktief! Newton het baie duidelik gesê dat wat “opgaan weer moet afkom”!


Die volgende stap sal dan wees om jou kind se opwinding te kalmeer en hom te laat slaap.

Is roetine goed en belangrik?

Dit is beslis goed omdat dit ritme vestig in ‘n kind se lewe en hulle weet wat in hulle daggie gaan gebeur. Wanneer jou kind opwinding en pret ervaar is hy in beheer, maar wanneer mamma hom moet laat bedaar na ‘n opwindende dag is roetine baie belangrik!

Beplanning van tyd is baie belangrik.

Jy moet jou kind baie goed ken en weet watter tekens om voor uit te kyk wanneer hy genoeg gehad het. Wanneer jou kind moet begin opruim, hande was, toilet toe gaan, alles pak en vertrek! Dit is daaglikse goed waaraan kinders moet gewoond raak en wat moet gebeur. Dit is wat julle almal moet saam doen sonder om daaroor te dink en te argumenteer. Jy moet al met roetine begin as jy swanger is, omdat jou baba jou ritme in jou baarmoeder ervaar. ‘n Voorbeeld hiervan is as jy baie bedrywig en woelig is, gaan jou baba ook baie woelig gebore word – as julle in voeling met mekaar is, sal julle as ‘n eenheid beweeg. Jou kind het hulle eie roetine, maar jy as ouer was eerste daar en daarom pas jou kinders by jou roetine aan of by juffrou se roetine by die skool.

Roetine by die skool.

Roetine by die skool is ook geweldig belangrik by jong kinders omdat baie kinders nie van veranderinge en aanpassings hou nie. Hulle weet as hulle by die skool kom gaan hulle begin met register, ‘n bybelles, bid en bybelliedjies, daarna gaan hulle begin met formele werk, nuwe klankies, woorde of konsepte. Hulle weet teen 11 uur is dit broodjie tyd. Kinders groei en ontwikkel goed in ‘n konstante, herhalende roetine, want hulle weet wat van hulle verwag word.

Onthou dat jou baba of kind nie die jongste boek gelees het oor hoe om ‘n roetine te vestig nie!

Hoe weet ek dat ek ‘n goeie roetine vestig?

Jou persoonlikheid, lewe en kultuur sal jou roetine beïnvloed, maar maak ‘n plan om daardie alledaagse aktiwiteite op ‘n vervelige manier te doen – vervelig is goed omdat dit kalmerend is!

Watter aktiwiteite is in ‘n eenvoudige roetine?
  • Eet

Dit is deel van sosiale ontwikkeling waar ‘n kind veilig voel. Jy sit op ‘n spesifieke plek, was jou hande voor en na jy geëet het. Tafelmaniere word ook aan jou kind geleer wat deel vorm van hulle roetine.

  • Omruil van doeke of toiletgebruik.
  • Speeltyd

Haal net ‘n paar speelgoed op ‘n slag uit, moet nie die hele houer omgooi nie. Leer jou kind om verantwoordelikheid te vat as hulle ‘n speelding breek en dat hulle hul goed mooi moet oppas. Daarna moet jy natuurlik opruim en weg pak!

  • Opruim

Opruim is deel van speel! As jy iets uithaal en daarmee speel, moet jy dit terug sit of weg pak. Leer jou kind om speelgoed te skei wat nie dieselfde is nie soos om poppe en blokkies te skei. Jou kind leer automaties van sortering – verskillende eienskappe van voorwerpe of kleur!

  • Bad

Water kalmeer ‘n hiperaktiewe kind.

  • Slaap

Ouer en kind moet albei genoeg slaap in kry om die volgende dag te kan werk en te kan konsentreer.

  • Familiebesoeke

Wanneer familie of gaste kom kuier, sal jou kind pret en opwinding ervaar. Laat ‘n redelike tyd hiervoor toe omdat dit belangrik is vir sosiale ontwikkeling, maar dan daarna moer roetine weer inskop.


Hier is ‘n oulike roetine-kontrolelys.

Roetine-kontrolelys (oggend)

Roetine-kontrolelys (aand)

Routine checklist (morning)

Routine checklist (night)

Roetine help jou kind te onthou wat elke dag moet gebeur- Huisgenoot artikel


My wenke en raad word geondersteun deur: Speel Leer Slim – Dr Melodie de Jager & Liz Victor.

Een reaksie

Maak 'n opvolg-bydrae

Sluit nou aan en kry die nuutste plasings.

Maandeliks

R 95 1 x Maand
  • Toegang tot nuutste plasings
  • Toegang tot argiewe
  • Ontvang nuusbrief

Jaarliks

R 950 1 x Jaar
  • Toegang tot nuutste plasings
  • Toegang tot argiewe
  • Ontvang nuusbrief