Choose Language

Tema: Dinosourusse

Augustus 17, 2022

Kinders is altyd opgewonde en gretig om meer oor dinosourusse te leer en interessante feite te lees. Elke kind gaan omtrent een keer in hulle lewe deur ‘n “dinosourus fase”. Gewoonlik gebeur daai fase wanneer die kinders met wetenskaplike konsepte in aanraking kom en dinosourusse verteenwoordig die tyd voor wat hulle weet. Kleuters leef in ‘n fantasie wêreld en vind verskriklike vleisetende monsters met groot tande baie fassinerend.

Dinosourusse is ‘n goeie tema om met kleuters te behandel, omdat dinosourusse kinders se verbeeldingspeletjies voed. In my artikel gee ek ‘n paar oulike ekstra aktiwiteite wat oor die tema handel wat jou kind vreeslik sal geniet.

Oulike kunsaktiwiteit:

Wat het ek nodig?

  • Bubble wrap (A4-grootte)
  • Swart verf (Kleur opsioneel)
  • Uitdraaikryte
  • Gom
  • Skêr
  • Dinosourus templaat!

Stappe:

1. Verf ‘n A4-grootte “bubble-wrap” swart (of enige ander kleur volgens keuse).
2. Druk ‘n A4-wit papier op die geverfde “bubble-wrap”.
3. Kleur die dinosourus en sy eier in.
4. Knip die dinosourus en die eier netjies langs die lyn uit.
5. Plak die dinosourus op jou agtergrond.
6. Plak die een helfde van die eier onder en die ander helfde bo-op die Dinosourus se kop.

Wat ‘n prettige dinosourus kunsaktwiteit wat elke kind sal geniet. Dit is oulik, kreatief en eenvoudig!

Dinosourus ekstra aktiwiteite:

Inkleurboekie:

Kleur in volgens nommers:

‘n Oulike aktiwiteit wat wiskunde vaardighede soos nommer herkenning, optel en aftrek somme bevorder.

Knipaktiwiteit:

  • Oulike aktiwiteit wat skêrhantering bevorder soos knip op ‘n reguit lyn.
  • Dit bevorder ‘n kind se fynmotoriese vaardighede soos inkleur tussen die lyne en leer jou kind om planmatig met gom te kan werk.
  • Ontwikkel wiskunde vaardighede soos nommer herkenning en pak die nommers in die regte volgorde.

Vou-aktiwiteit:

Vouwerk is baie belangrik by jong kleuters en wanneer ‘n kind se fyn spiere goed geoefen is – word die aktiwiteit al hoe makliker.

Maak 'n opvolg-bydrae

Sluit nou aan en kry die nuutste plasings.

Maandeliks

R 95 1 x Maand
  • Toegang tot nuutste plasings
  • Toegang tot argiewe
  • Ontvang nuusbrief

Jaarliks

R 950 1 x Jaar
  • Toegang tot nuutste plasings
  • Toegang tot argiewe
  • Ontvang nuusbrief