Choose Language

Tema: Ek leer myself beter ken – My liggaam.

Julie 23, 2020

Tema: Ek leer myself beter ken – My liggaam.

‘n Jong kind leer hulself nog ken in die grondslagfase oor wat hulle vermoëns, belangstellings, sterk punte en swak punte is. ‘n Kind se ontwikkeling is ‘n opwindende reis van ontdekking, avonture, beproewings en foute totdat hulle fyn vaardighede goed ontwikkeld is en regkry om te begin loop! Hulle begin self teken, sonder om hulle kaak te beweeg. Hulle kry ook hulle eerste maatjie!

Elke vaardigheid by ‘n kind, vereis baie tyd om dit oor en oor te herhaal totdat sy sintuie, bedradings, spierkrag en spiergeheue saam werk om ‘n vaardigheid te bemeester. Elke vaardigheid is nog ‘n stappie nader aan onafhanklikheid.
Hulle is baie nuuskierig en daarom neem hulle volwassenes waar oor hoe hulle situasies hanteer. Jong kinders is soos sponsies en neem alles in wat gesê word, daarom moet ons as ouers en onderwysers baie versigtig wees oor wat ons sê, sodat ons net ‘n positiewe invloed op hulle kan hê, dat hulle kan groei om ‘n onafhanklike individue te wees een dag.
Onafhanklikheid moet jou doelwit wees wanneer jy jou kind grootmaak.

Dis ‘n enorme besluit om ‘n kind te hê omdat jy besluit om jou hart vir altyd buite jou liggaam te laat rondloop.
-Elizabeth Stone

Hier is oulike temabesprekings met prentjies vir jou temabord.

Tema – Ek leer myself beter ken – My liggaam.






Aktiwiteite wat hulle kan help om hulle liggaamsdele beter te leer ken:
  • Kinders teken ‘n selfportret.

Bespreek eers die tema baie goed met die kinders oor al hulle verskillende liggaamsdele. Hulle teken dan oor hoe hulle lyk. Jy sal dadelik kan sien of die kinders die fyner besonderhede van hulle liggame ook teken soos ore, ooghare, oogwimpers en ‘n nek. Dit is belangrik dat hulle voorskools al ‘n selfportret kan teken met meer besonderhede!

  • Gebruik ‘n pop om die verskillende liggaamsdele te identifiseer.

  • Jou kind staan voor ‘n spieël en benoem sy verskillende liggaamsdele en elkeen se funksie.
  • Bou jou gesiggie se verskillende dele.

Hulle kan hulle hare teken en die prentjie baie mooi inkleur.
Gesigsdele aktiwiteit

  • Hier is ‘n baie oulike aktiwiteit wat jou kind se persoonlike besonderhede bevat, sodat hulle hulself beter kan leer ken. 

Ek leer myself beter ken aktiwiteit

Oulike speletjie wat jou kind kan speel.
B I N G O
  • Daar kan vier kinders in totaal speel.
  • Hulle elkeen kry verskillende Bingo bladsye.
  • Gebruik die flitskaarte – elkeen kry ‘n beurt om ‘n flitskaart te trek, sodra hulle een getrek het moet hulle daai prentjie soek op hulle bladsy en ‘n knopie op dit sit.
  • Wenner – as hulle dwars, afwaart/opwaarts of skuins se ry prentjies vol knopies is wen hy.
  • FREE – daai blokkie is verniet en bevat nie ‘n prentjie nie. Hulle kan nogsteeds wen as die res van die prentjies knopies op het.

Lamineer jou speletjie vir duursaamheid!
My liggaam – BINGO!


Kleuters – My liggaam!

4-antwoorde

    1. Thank you very much. I appreciate! Unfortunately not at the moment, but I take it into account! We will work on it to give my readers both options afrikaans or english in the future. Thank you for your support. Stay informed for more Kleinspirasie!

Maak 'n opvolg-bydrae

Sluit nou aan en kry die nuutste plasings.

Maandeliks

R 95 1 x Maand
  • Toegang tot nuutste plasings
  • Toegang tot argiewe
  • Ontvang nuusbrief

Jaarliks

R 950 1 x Jaar
  • Toegang tot nuutste plasings
  • Toegang tot argiewe
  • Ontvang nuusbrief