Choose Language

Winter pret vir kinders!

Julie 19, 2021

Baie kinders sien uit vir ons winterseisoen en wag ‘n jaar na verskillende winter pret aktiwiteite. Kinders hou van winter, want hulle assosieer dit met sneeu, sneeumanne, sneeuvlokkies, pikkewyne en warm sjokolade. Om warm sjokolade met malvalekkers te drink, is een van hulle gunsteling oomblikke in die winter. Kinderspeletjies word beperk tot binnenshuis, maar buitespel is nogsteeds baie belangrik om jou kind se liggaam te versterk. In die artikel volg ‘n paar oulike winter pret idees wat hulle besig kan hou.

Gedurende die somermaande raak kinders gewoond aan die warm, groen klimaat, maar tydens seisoenveranderinge sien kinders die nuwe seisoen deur ‘n nuwe lens. Dit maak hulle baie opgewonde om nuwe kreatiewe aktiwiteite te doen. Jou kind beskou die winterseisoen – gevalle blare, bruin gras, sneeu en ys. Hierdie nuwe lens stel die kinders in staat om die buitelewe anders voor te stel en kreatief te wees op verskillende maniere van speel.

Bou ‘n sneeuman.

In Suid-Afrika kry ons kinders nie die geleentheid om sneeu te ervaar of om ‘n sneeuman te bou nie. Hierdie aktiwiteit is groot pret, want jou kind kry die geleenheid om ‘n sneeuman te bou. Jy kan dit saam jou kind by die huis of dit saam jou kinders as ‘n groep by die skool bou. Die sneeuman word uit afvalmateriaal gemaak – dit maak dit nog lekkerder!

Wat het jy nodig?

As jy nie al die benodighede het nie, vervang dit met enige ander afvalmateriaal. Julle kan kreatief wees en jou sneeuman uniek maak!

  • 3 Verskillende grootte bokse (Lyfie)
  • Wit verf
  • Swart verf
  • “Gluegun” met genoeg “gluesticks”
  • Swart botteldoppies (Mond)
  • 2 Groot botteldoppies (Oë)
  • 2 Wit botteldoppies (Binnekant van jou oë)
  • 2 Ronde plastiekballe (Sny in die middel vir die knope van die sneeuman)
  • 2 Kleiner bokse (Sneeuman se hoed)
  • Lint
  • Sneeuman neus gelamineer of oranje karton

Hoe bou ek my sneeuman?

  1. Sit eers jou 3 verskillende grootte bokse van groot na klein op mekaar.
  2. Bou jou hoed en maak dit aan die lyfie vas.
  3. Gebruik swart verf om die hoed te verf.
  4. Verf jou lyfie wit.
  5. Bou jou mond en oë met die verskillende doppies.
  6. Sny 2 plastiekballe in die helfde en plak jou knopies.
  7. Plak jou neus van jou sneeuman. (Jy kan dit ook 3D doen deur oranje karton te gebruik)
  8. Trek 2 sneeuman hande af op karton en knip dit uit.
  9. Maak ‘n glefie met ‘n skerp mes aan die een kant van jou boks – dieselfde aan die ander kant. Druk jou sneeuman se hande in die glefie.
  10. Versier jou hoed deur ‘n lint om te sit.
  11. Verf die maatjies se hande wat die sneeuman gebou het. Druk hulle hande op die onderste boks van jou sneeuman en skryf hulle name by elke handjie. Gebruik verskillende kleur verf.

Maak sneeu saam jou kind.

Hier is ‘n oulike idee wat jy saam jou kind kan doen. Dit gee kinders die geleentheid om sneeu te ervaar op ‘n ander manier.

  • 2 Bokse koeksoda
  • 1 Blik skeerroom
  • ‘n Houer om alles in te meng.

Oulike winter boekmerke.

Maak oulike winter boekmerke saam jou kind. Hulle kan dit in hulle gunsetling leesboekie sit. Lamineer vir duursaamheid.

Sneeuman plekmatjie

‘n Oulike winter plekmatjie wat jy saam jou kinders kan maak. Hulle kan dit gebruik in die huis tydens etes of om klei op te speel. Ek het saam my kinders in die klas die plekmatjie gemaak en hulle het dit verskriklik geniet. Ons het toe ‘n lekker winterpartytjie gehou om hulle nuwe plekmatjie te gebruik.

Hoe maak ek my sneeuman plekmatjie?

Lamineer vir duursaamheid sodat hulle dit vir verskillende geleenthede kan gebruik.

  1. Verf ‘n A4-wit papier groen.
  2. Gebruik wit verf en hulle vingertjies om die sneeu te maak op hulle agtergrond. Julle kan ook “bubblewrap” wit verf en dit druk op jou groen agtergrond.
  3. Knip jou sirkel uit en plak hom in die middel.
  4. Knip jou sneeuman se neus uit en plak hom in die middel van jou gesiggie. Hulle kan hom enige kant toe plak om hulle sneeuman uniek te maak.
  5. Teken jou sneeuman se ogies en mond. Gee vir hulle verskillende voorbeelde van ogies en monde wat hulle kan teken.
  6. Knip jou hoed uit en plak op jou sneeuman se kop.
  7. Knip een kleur reghoek (link van die hoed) uit en plak op jou swart hoed van die sneeuman.

Sneeuman kunsaktiwiteit

Wat het jy nodig?

  • Skeerroom
  • Wit kuns gom
  • Swart verf of swart karton
  • Verskillende afvalmateriaal om jou sneeuman te versier.

Meng jou skeerroom saam met jou wit kuns gom in ‘n houer. Die kinders gebruik ‘n verfkwas om die sneeuman se lyfie te maak. Plak verskillende afvalmateriaal om jou sneeuman se versier.

Maak 'n opvolg-bydrae

Sluit nou aan en kry die nuutste plasings.

Maandeliks

R 95 1 x Maand
  • Toegang tot nuutste plasings
  • Toegang tot argiewe
  • Ontvang nuusbrief

Jaarliks

R 950 1 x Jaar
  • Toegang tot nuutste plasings
  • Toegang tot argiewe
  • Ontvang nuusbrief